
Lees elke Saterdag in Die Burger, Beeld en Volksblad op die hoofblad 'n aanhaling uit die WAT of luister Vrydagoggende om 07:50 oor Monitor na die Woord van die Week.
Klik HIER vir die WAT Oorsig van 2011 (in PDF-formaat).
![]() |
Borg 'n woord gaan voort! Borg 'n woord teen R100 per woord! |
Kobus Terblanche is die pryswenner van die Borg 'n woord-kompetisie wat op 29 Februarie 2012 geëindig het. Hy is 'n afgetrede dokter wat nou saam met sy seuns boer.
Die WAT en Virseker het van 2 tot 11 Maart 'n nuutskeppingkompetisie met lekker kontantpryse gehou. Die uiteindelike wenner van die prysgeld van R15 000 is mev. Hannerie Wenhold van Kaapstad met "vonkelwater" (sparkling water).
Klik HIER vir die finaliste.
7de Laan is een van die mees onlangse en grootste deelnemers aan Borg 'n Woord. Hulle het die woord fantasmagories en die frase gevleuelde woorde en ook 7de Laan eksklusief geborg vir R5 000 elk. Daarbenewens het die akteurs, skrywers en regisseurs elkeen 'n woord van hul keuse vir R100 geborg, bv.: Oubaas borg bromponie, Hilda hartjie, Paula prut, Aggie oorbelle, Gita sprankel en Matrone borg vonkel. Hier oorhandig Matrone 'n tjek van R20 000 aan dr. Willem Botha op die stel van die Deli.
![]() |
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het op 28 Maart sy 85ste bestaansjaar gedenk met 'n geleentheid in die Konservatorium van die Universiteit van Stellenbosch. Die gaste is vermaak deur 'n woordgroep onder leiding van Nicole Holm wat gevolg is deur 'n optrede deur Laurinda Hofmeyr en 'n vingerete met vonkelwyn. Van links verskyn dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die WAT, Laurinda Hofmeyr, prof. Magda Fourie, vise-rektor: onderrig en voorsitter van die WAT-direksie, mnr. Mpume Mbata, uitvoerende direkteur van die Zoeloe-woordeboekeenheid in Durban, en mev. Erna Meaker, voorsitter van die WAT Trust.
![]() |
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Die WAT as instelling
Donasievorm in Microsoft Word-formaat
Internetdonasies:
Klik hier vir die woord van die week: ottermaklottertjie
Lees elke Saterdag in Die Burger, Beeld en Volksblad op die hoofblad 'n aanhaling uit die WAT of luister Vrydagoggende om 07:50 oor Monitor na die Woord van die Week.
Die WAT ontvang graag woorde of uitdrukkings wat vir opname oorweeg kan word. Dit kan nuwe woorde, vakterme of voorbeelde van streektaal en geselstaal wees.
Kliek om inligting oor nuwe woorde te e-pos.
U kan kommentaar lewer op definisies of enige ander inligting in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal of ander publikasies van die WAT.
Kliek om kommentaar te e-pos.