Woord van die week: jaloersreën

Uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal:

jaloersreën s.nw. (streektaal) Reën wat nie eweredig val nie, maar in strepe trek of in los buitjies uitsak sodat die een boer wat niks gekry het nie, dikw. jaloers word op sy buurman by wie heelwat reën geval het; teenoor landsreën. (In Boesmanland en Kakamas opgeteken).

< Terug na die Tuisblad  ::  Terug na bo