13 Augustus 2023
Luisteraars se taalvrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van nommers, syfers en getalle; die herkoms van die uitdrukkings streepsuiker kry en riemspring; en die verskil tussen gebruiker en verbruiker. Alet Cloete en Gerda Odendal van die WAT verskaf die antwoorde op die vrae wat Ina Strydom namens die luisteraars vra.