Die Elektroniese WAT

  Elektroniese WAT  

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het hom op 28 Maart 2003 by die toonaangewende woordeboeke in die wêreld soos die Oxford English Dictionary en die Woordenboek der Nederlandsche Taal aangesluit toe die Elektroniese WAT op die mark verskyn het. Die Elektroniese WAT word bygewerk soos 'n nuwe letter van die alfabet voltooi word. Dit is as 'n CD en op die internet beskikbaar.

Die volgende soorte inligting kan langs 'n kitsroete gevind word:
die lemma, woordsoort, etikette en etimologie.
Gevorderde soektogte, bv. na uitdrukkings en frases, kan ook uitgevoer word.
Bekendes het die volgende oor die Elektroniese WAT gesê: "Dit is 'n hulpmiddel waarsonder die skrywer nie kan klaarkom nie" (George Weideman).
"Het werkt als een trein. Heel erg goed" (Nicoline van der Sijs, een van die produktiefste woordeboekmakers in Europa).

Prys: R450 (BTW en verpakking ingesluit)
ISBN: 978-0-981-4434-1-6

Klik hier vir die bestelvorm.

< Terug na die Tuisblad  ::  Terug na bo