Lexikos (Grieks vir "van of vir woorde") word sedert 1991 deur die Buro van die WAT uitgegee in die AFRILEX-reeks. Sedert 1996 is dit die mondstuk van die African Association for Lexicography wat tans die gesamentlike uitgewer vir Lexikos is.
Lexikos is die enigste tydskrif in Afrika wat uitsluitlik aan die leksikografie gewy word. Dit word tans in 23 lande versprei en dit lewer 'n groot bydrae om die leksikografiese gesprek in Afrika, maar ook elders in die wêreld te stimuleer.
Lexikos verskyn jaarliks en die eerste negentien volumes is reeds gepubliseer.
Die elektroniese weergawe van Lexikos is hier beskikbaar.
Bestelvorms is te vinde onder die skakel Bestelvorms.
Indien u van voorneme is om 'n artikel aan Lexikos te stuur vir publikasie, laai asseblief 'n kopie af van ons Voorskrifte aan skrywers, 'n lêer getitel voorskrifte2.doc (60 grepe)
Kontak ons gerus by vir meer inligting.