Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  WAT in boekvorm  

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal weerspieël die Afrikaanse taal in sy wydste omvang. Benewens Standaardafrikaans word ook streektaal, geselstaal en die ander variëteite van Afrikaans soos Namakwalands en Kaaps in die woordeboek opgeneem. Uiteindelik sal die meerderheid van die meer as een miljoen woorde van die Afrikaanse woordeskat in die WAT te boek gestel wees.

Die WAT word saamgestel uit 'n elektroniese databasis en 'n kaartjieversameling van miljoene taaloptekeninge uit gesproke en geskrewe Afrikaans wat voortdurend uitgebrei word.

Die eerste dertien dele wat die letters A tot R beslaan, is reeds gepubliseer.


Die WAT is een van die kosbaarste diamante van Afrikaans
T.T. Cloete (5 September 2008)


Klik hier om 'n voorbeeld van die manuskrip te sien.

Klik hier vir die bestelvorm.



< Terug na die Tuisblad  ::  Terug na bo