babelas
Ook soms babalaas, babbelas en babelaas. (‹Z. i(li)babalazi)
I s.nw. Naar, siek gevoel met swaar hoofpyn nadat ’n mens te veel gedrink het; sin. haarpyn (skertsend; verouderd), kater (verouderd): Baie jong mense, én heelwat ouer mense, moes al met die gevolge van ’n babelas saamleef nadat hulle hul kapasiteit vir die voggies effens oorskat het. Die dikkop-, droëmond-gevoel ná ’n aandjie uit, is natuurlik ook iets wat met die ouderdom ál erger raak (Volksblad, 26 Jan. 2013, E).
II b.nw. Naar, siek en kopseer a.g.v. die oormatige gebruik van drank: Die bestuurders is moeg (of babelas) en geïrriteerd ná dae se gefuif by die Afrika Burn-fees. ’n Gevaarlike situasie of ’n sogenaamde ongeluk wat wag om te gebeur (Rapport, 19 Mei 2013, InRat, E).