diktator
s.nw., diktators. (<Latyn dictator, afgelei van dictare “dikteer, voorskryf” of “beveel”)
1 Iemand wat hom as gesaghebber oor ’n volk gevestig het en hom bo die wet en grondwet stel, veral iemand wat na ’n staatsgreep of burgeroorlog aan die bewind gekom het en sy gesag deur ’n skrikbewind handhaaf; ook iemand wat met absolute gesag beklee is; sinoniem alleenheerser:
Hitler en Mussolini was twee bekende diktators in Wêreldoorlog II.
2 (Romeinse geskiedenis) Onbeperkte gesaghebber in Rome, gewoonlik nie vir langer as ses maande nie, om in haglike omstandighede en in tye van gevaar die staat te red.