Hennie Aucamp-muuruitstalling

Hennie Aucamp-muuruitstalling

'n Hennie Aucamp-muuruitstalling is onlangs in die biblioteek van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal onthul.  Die fokuspunt van die…

More...
Opleiding by Opvoedkunde (2016)

Opleiding by Opvoedkunde (2016)

'n Werkwinkel in die gebruik van die Elektroniese WAT in die onderrig van Afrikaans is op 17 Maart 2016 aan…

More...
Deon Meyer is die beskermheer van Borg 'n Woord

Deon Meyer is die beskermheer van Borg 'n Woord

Deon Meyer is die nuwe Beskermheer van Borg 'n Woord.  Twee deelnemers kan elkeen 'n Sanlamprys van R25  000 wen.…

More...
Personeelfoto 2016-04-06

Personeelfoto 2016-04-06

Die WAT-personeel: Voor: Dr. Frikkie Lombard, dr. Willem Botha, me. Liza Rademeyer, mnr. Gerhard van Wyk. Agter: Mev. Alet Cloete,…

More...
Frontpage Slideshow | Copyright © 2006-2012 JoomlaWorks Ltd.

Die wesensaard van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Die wesensaard van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word grootliks bepaal deur sy eiesoortigheid en die spesifieke plek van hierdie woordeboek binne die breë tipologiese verskeidenheid. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is ’n omvattende sinchroniese verklarende woordeboek, d.w.s. primêr gerig op die huidige taalgebruik. So ’n woordeboek moet op ’n omvattende manier verslag doen van die woordeskat van Afrikaans. Die omvattendheid van die WAT lê op drie vlakke: die opname van die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang, die groot verskeidenheid tipes inligting wat in die bewerking aangebied word asook die omvang van die bewerking. Die keuse en aanbieding van data in ’n omvattende woordeboek is die gevolg van indringende navorsing oor die taal wat in die woordeboek behandel word. Dit is ’n akademiese woordeboek wat op so ’n manier saamgestel moet word dat dit as ’n gesaghebbende naslaanbron deur taalkundiges, ander navorsers en liefhebbers van Afrikaans gebruik kan word. Die leksikografiese proses wat tot die publikasie van ’n omvattende woordeboek lei, voorvereis navorsing deur die leksikograwe en dus ’n vertroudheid met sowel die woordeboekteorie as die taalkunde asook die vermoë om navorsing te kan doen wat in terme van die eise van die praktyk aangebied kan word. Die werk aan die WAT is ’n wetenskaplike praktyk wat lei tot die publikasie van ’n woordeboek wat as ’n belangwekkende opleidings-, navorsings- en onderriginstrument gebruik kan word.

Lees elke Saterdag in Die Burger, Beeld en Volksblad op die hoofblad 'n aanhaling uit die WAT of luister Sondagoggende om 11:05 na Woord van die Week op RSG.

Woord van die week 2016-05-27

morena s.nw. Ook morêna.
1. Manlike persoon met gesag of geld, bv. 'n heer, koning, of meester: "Bring vir ons sewentien sodawaters," sê die Bestuurder ... "Ja, meneer," sê die ... man en hy kyk na almal. "Ja, Morêna" (E. Leroux: Hymie, 1982, 71).
2. Titel van 'n Sotho-hoofman.
Uit Sotho of Tswana morena. Veral gebruiklik onder Sotho-sprekers.
Sotho en Tswana morena is 'n afleiding met mo- (s.nw. ekv.) van rena "ryk wees, 'n hoofman wees".

Donateurs

'n Besonder woord van dank aan ons Anker-donateurs

ABSA, Afrikanerbond, ATKV, Dagbreek Trust, G.T. Ferreira, Fonds Neerlandistiek, Fynbos Trust, Gouws­gesin, Het Jan Marais Nationale Fonds, D.W.R. Hertzog, E. de la H. Hertzog, D.M. Hoogenhout, M. Jooste, L.W. Hiemstra Trust, Marie Luttig Trust, Meaker­gesin, National Lotteries Board, Nederlandse Taalunie, N. Steyn­Trust, Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, Remgro Beperk en Venfin Beperk, Reunert Beperk, Rupert Gesinstigtings, SANLAM, Sappi Beperk, Sasol, Sdu Nederland, Stonehage Charitable Trust, Universiteit Stellenbosch, Universiteit van Pretoria, Universiteit van die Vrystaat