• Frazer Barry, beskermpersoon van die WAT se Borg ’n Woord-projek

    Die rymkletser, musikant, akteur en televisiepersoonlikheid Frazer Barry is reeds vir meer as 20 jaar op verskillende wyses betrokke in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy is die voorsanger van die gewilde groep Tribal Echo en is bekroon met verskeie toekennings vir musiekproduksies. Hy het as akteur in die internasionale verhoogproduksie Krotoa: Eva van de Kaap opgetree en [...]

  • WAT stel T bekend op luisterryke T-partytjie

    Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het op 13 Oktober die amptelike bekendstelling gehou van die T-trajek, wat slegs aanlyn beskikbaar is. Op dié luisterryke T-partytjie is gepraat oor hoe omvattend T bewerk is, hoe variëteite van Afrikaans deur die WAT hanteer word, en wat die toekomsvisie van die WAT is. Daar is ook [...]

  • WAT en ProVARIA bewaar die rykheid van Afrikaanse variëteite

    Die Buro van die WAT het op 30 Junie en 1 Julie gasheer gespeel vir meer as twintig Afrikaanse taalkundiges van 14 universiteite en verskeie Afrikaanse taalorganisasies van regoor die land, insluitend die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Hierdie [...]

  • Die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2023

    Die Afrikaanse Wikipedia soek jong Wikipediane om artikels te skryf op die vrye aanlyn ensiklopedie in Afrikaans! Hierdie nasionale kompetisie vir hoërskoolleerders in graad 8 tot graad 12 is die eerste van sy soort vir die Wikipedia wêreldwyd en met lekker groot pryse op die spel. Eerste plek kry ’n R10 000-kontantprys, 2de plek [...]

  • Vakante betrekking: kantoorbestuurder en finansiële beampte

    Die suksesvolle Afrikaanssprekende kandidaat moet oor besondere taal- en rekenkundige vaardighede beskik. Kwalifikasie:  Toepaslike tersiêre opleiding in algemene en finansiële administrasie Ervaring:  10 jaar bewese ervaring in kantoorbestuur en/of finansiële administrasie Ander vereistes en aanbevelings: Uitstekende administratiewe en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels Bewese rekenaarvaardigheid in veral MS Word, MS Outlook en MS Excel Bewese [...]