inkoejawel
b.nw. (geselstaal)
Wat sleg, swak, treurig vertoon; oes, vrotsig; agteraf, baie armoedig, armsalig; van min betekenis, minderwaardig, niksbeduidend; inkastrol, inkokkewiet, inskottel; ingat, instert (plat): Kan ons nie, groot asseblief, ook hoor wie die lirieke geskryf het nie? Vroeër was dit so inkoejawel dat ’n mens nie juis omgegee het nie, maar deesdae doen die woordjieboere moeite, en ’n mens wil weet (Beeld, 19 Desember 1991). Herfsblaar se mense is ’n inkoejawel lot bymekaar (J. Goosen: Pawpaw, 2002, 44).