kappityt
(sametrekking van kap dit uit) (geselstaal)
I ww. Laat waai, vrolik of uitbundig wees of iets vrolik en met oorgawe en geesdrif doen: Die manne kappityt op setiese, vastrappe en kotteljonse … op die Vryfeesterrein (Volksblad, 12 Jul. 2013, 5 – byskr.).
II tw. Uitroep waarmee genot of genoegdoening uitgedruk word of iemand aangemoedig word om vrolik of uitbundig te wees of iets vrolik en met oorgawe en geesdrif te doen: Kappityt! David Kramer laat die kitaar sing op die verhoog (Rapport, 28 Mrt. 1999, 5 – byskr.). Kappityt! Braai, ontspan, gaan kuier (Burger, 22 Sept. 2015, 1).