konsternasie
(kon-ster-na-sie) s.nw.
1 Skielike ontsteltenis, skrik, verbasing, wat ’n tydelik verwarrende, belemmerende of verlammende uitwerking het: Algemene konsternasie volg, breek los. Konsternasie bewerk, veroorsaak. ≈ Sy vriend kyk met groot konsternasie na die hele gedoente (F. Loubser: Lorelei, 1968, 34). Roedolf probeer met ’n laggie sy konsternasie smoor (F.A. Venter: Geknelde Land, 1960, 104).
2 Tydelike toestand van onsekerheid, opskudding, opgewondenheid, rumoer of wanorde: Pa het gesê hy kan nie onthou dat daar al ooit so ’n konsternasie en geredekawel by ’n vergadering geheers het nie (E.H. Hoekstra in E. Spence: Kaleidoskoop, 1970, 57). Soos gewoonlik is daar konsternasie (in die huiswerkboek) by Hans hier langs my — alles deurmekaar, van bo tot onder (P.H. Nortje: Ghoen, 1960, 19).