korpulent
b.nw.
GESET: Uitermate korpulent of swaarlywig met ’n oormaat van vet veral op die laer gedeeltes van die maag en laer ekstremiteite (B.F. Nel: Luiheid, 1953, 76). ’n Goue ketting op sy korpulente maag (L.H. Gericke, vert.: Ciske10, 1970, 106). In beskaafde kringe sal niemand van ’n dame sê dat sy vet is nie, maar dat sy geset of korpulent is (H. v.d. M. Scholtz: Taalverskynsels, 1940, 136).