mamparra
s.nw., mamparras. (geselstaal; dikw. neerhalend; soms skertsend) Selde ook mampara, mompara en momparra.
Iemand wat op ’n sekere terrein of in die algemeen gebrekkige kennis of vermoëns vertoon of oningelig is, of wat ongeskoold, onverfynd of onnosel is: Hengel kan sy nie. By die rivier, of dam, of see is sy ’n mamparra, en sy sal dáár altyd ’n mamparra bly (H. Steytler in Huisgenoot, 8 Nov. 1957, 25). Die letterkundiges is nie sulke mamparras as wat Barnard wil voorgee nie (P.D. v.d. Walt in TGW, Mrt. 1971, 60).