• 02/08/2024

met een (’n) pennestreep

Idiomatiese uitdrukking

Met ’n enkele besluit, veral deur ’n persoon in ’n gesagsposisie: ’n Eeue-oue gebruik kan nie met een pennestreep nietig verklaar word nie (H.D.A. du Toit: Godsdienste, 1970, 45). Met ’n … pennestreep het koning Ferdinand al die Jode in Spanje die keuse gegee om òf die Christelike geloof aan te neem òf die land te verlaat (Oost., 16 Jul. 1980, 3).

Deel op Sosiale Media