minnekoos
ww., het geminnekoos.
Liefde betoon deur aanraking, bv. deur te streel, vas te hou, te omhels en te soen; sinonieme liefkoos, liefie (geselstaal, dikwels kindertaal): Om te kan minnekoos, sê sy, moet sy goed voel oor haarself. Daarom maak sy haar daarvoor gereed in ’n badkamer met ’n dakvenster waar sy by kerslig na die sterre kan kyk (Huisgenoot, 3 Des. 1981, 15). Die verre asure bergekruine bloos / soos bruid, deur bruidegom geminnekoos (H.H. Joubert: Dageraad, 1918, 85).