nulletjies-en-kruisies
s.nw. Ook nulle-en-kruise, nulle en kruise en nulletjies en kruisies.
Speletjie waarby twee deelnemers om die beurt slegs nulletjies of slegs kruisies trek, in blokkies van ‘n figuur wat gevorm is deur die kruising van twee vertikale en twee horisontale lyne, en waarby elke deelnemer probeer om voor die ander drie nulletjies of drie kruisies in ‘n ry te kry, hetsy horisontaal, vertikaal of diagonaal; sin. kringetjies-en-kruisies (ongewoon), tik-tak-tol (minder gebruiklik).