• 08/07/2022

ontbyt & brekfis

ontbyt s.nw.

Maaltyd in die oggend.

Uit Nederlands ontbijt. Die tweede lid van ontbijt, nl. bijt, hou verband met biten “om te byt”, en ontbijt beteken “begin byt”.

brekfis s.nw.

ONTBYT

Verafrikaanste vorm van Engels breakfast (1463). Engels breakfast beteken “to break your fast” omdat ontbyt die maaltyd is waarmee jy jou vas in die oggend verbreek.

Deel op Sosiale Media