pokkel
s.nw., pokkels; pokkeltjie.
1 Iem. wat redelik oorgewig en betreklik kort van postuur is; sin. kepokkel (verouderend), potjierol (dikw. skertsend; soms enigsins kwetsend): Altyd geneig tot oorgewig, het sy fases beleef waarin sy ’n regte pokkel was, hoewel … steeds pragtig (Sarie, 22 Jul. 1981, 107). Kyk hoe lyk daardie drie seuns van haar, pokkels, so gesond as maar kan kom (U. Krige: Kring, 1956, 55). Sy … is ’n openlike teenstander van diëte: … Dit is beter om ’n pokkeltjie te wees én geen rimpels op jou gesig te hê nie (Sarie, 10 Nov. 1982, 16).
2 Voorbeeld van iem. wat redelik oorgewig en betreklik kort van postuur is; sin. kepokkel (verouderend), potjierol (dikw. skertsend; soms enigsins kwetsend): ’n Pokkel van ’n kind, man, vrou. ~ Kon dit sy wees …, wat met haar pokkel van ’n lyf so ligvoet (oor) die dansvloer … (beweeg) het? (P. de V. Pienaar: Magte, 1936, 36). Martiens … se pokkels van meisiekinders het almal nog skoolgegaan, en die ou karretjie was te swaar vir my alleen (Eitemal: Jaffie, 1953, 89).
pok’kelagtig, pokkelag’tig b.nw., pok’kellyf s.nw., pok’kelrond b.nw.