polfyntjie
s.nw., polfyntjies.
1 Geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iem. of iets na vore roep: Ek … (het) met Jonathan se polfyntjie gestaan, ’n vergange liefdesgroetjie uitgesny uit waswit perkament: ’n rosie met ’n blou lintjie (L. Joubert: Roosmaryn, s.j., 125). Daar is altyd iets (i.d. winkel) wat die oog vang — ’n ou fyn borsspeld …, ’n swart baadjie met kant … ’n Polfyntjie van herinnering (Sarie, 4 Aug. 1982, 7). Ek (gee) jou die dingetjies … wat ek hét om te gee, lintjies en knopies en polfyntjies (K. Schoeman: Fakkellig, 1966, 161).
2 PAND.