rabbedoe
s.nw., rabbedoes; rabbedoetjie. Ook, verouderd, robbedoe.
1 Dogter of jongmeisie met ’n traak-my-nie-agtige, onverskillige of sorgelose gedragspatroon, wat gewoonlik as seunsagtig of onvroulik beskou word: Ek was nooit ’n rabbedoe nie, Mams. Diep in my was ek altyd ’n filosoof. Ook ’n vrou. Vroeër was ek net ’n kind (Mikro: Oudepalmiet, 1966, 111).
2 (ongewoon) Woelige kind of onverskillige, luidrugtige en dikw. enigsins aggressiewe persoon, wat gew. weinig omgee vir die openbare mening: Ondanks sy adellike herkoms het Paracelsus dwarsdeur sy lewe in die geselskap van rabbedoes tuis gevoel (J. v. Elfen: Geneeskundiges, 1966, 19).