rakker
s.nw., rakkers; rakkertjie.
1 Iemand, veral kind of jong persoon, wat besonder lewenslustig, ondeund of stout is en, dikwels onwetend, probleme, kommer of ergernis veroorsaak: Almal het gely onder die twee rakkers se streke.
2 Uitgeslape kwaaddoener of ondeunde persoon: Noudat die polisie nie opgedaag het nie kon ons nie die rakkers gaan vastrap nie (B. Conradie: De Kuilen, 1945, 186).3 Iets wat ‘n toonbeeld van parmantige doeltreffendheid is: Citi Golf-liefhebbers weet dat die oorspronklike Sport ‘n wakker rakker was (Die Burger, 22 Sept. 1988, bylae, 1).