rakker
s.nw., rakkers; rakkertjie.
1 Iemand, veral ’n kind of jong persoon, wat besonder lewenslustig, ondeund, onnutsig of stout is en, dikwels onwetend, probleme, kommer of ergernis veroorsaak: Almal het gely onder die twee rakkers se streke. ≈ Twaalf rakkertjies staan bang en wag om ingeroep te word na die kantoor (J. Kloppers: Groenfontein, 1953, 16).
2 Karnallie of ellendeling: Daardie sproetneusnooi is ’n rakker, ’n skelm en ’n gevaar.
3 Iets wat ’n toonbeeld van parmantige doeltreffendheid of uitnemendheid is: Citi Golf-liefhebbers weet dat die oorspronklike Sport ’n wakker rakker was (Die Burger, 22 Sept. 1988, bylae, 1).