• 18/12/2020

redder

s.nw., redders.

Iemand wat ’n ander help om aan ’n lewensbedreigende, gevaarlike of skadelike situasie te ontkom of (in godsdienstige verband) iemand bevry van sonde en die gevolge daarvan: Christus is die enigste Redder in ’n skuldverlore wêreld (J.D. du Toit: Werke VII, 1961, 55). Koos het ingestem het om geld te leen en was die redder van my man en my kinders (C.J. Langenhoven: Waters, 1951, 181). Moses tree na vore as die dapper redder van ’n verdrukte volk (F.C. Fensham: Bybelkunde, 1964, 29). Redders hoor geluide onder modder na ’n grondverskuiwing (Son, 22 Febr. 2006, E).

Deel op Sosiale Media