• 03/05/2021

rinkel

ww., het gerinkel; byv. en byw. rinkelende, rinkelend.

’n Reeks helder, maar betreklik sagte klinkende geluide voortbring, dikw. deurdat voorwerpe van dieselfde soort m.b.t. mekaar beweeg; sin. rinkink (verouderd; ongewoon), rinkinkel (verouderd; ongewoon): (Hy) slaan met sy vuis op die tafel dat die wynkraffie en kelkies op die skinkbord rinkel (K. Kielblock: Lafras, 1965, 53). Hy kyk op, oor die dorp se dakke, neem ’n slukkie whisky en luister hoe die ys in die glas rinkel (E. v. Heerden: Toorberg, 1986, 73).

Deel op Sosiale Media