skarrel
(skar-rel) ww., het geskarrel; byv. en byw. skarrelende, skarrelend, geskarrelde.
1 (geselstaal) Met inspanning, ontbering of swaarkry geld, kos, of dergelike noodsaaklikhede bymekaarmaak: Ma skarrel vir begrafnis … ’n Enkelma moes haar seun die naweek met donasies en skuldgeld begrawe nadat hy … vir die dood gelaat is (Son, 11 Nov. 2019, E). Julle voel ook nou hoe om weer / by Pep te koop / om te skarrel en te leen / en daai tien rand drie keer om te draai (J. Phillips: Radbraak, 2017, 18).
2 (geselstaal) Rondhang of skynbaar doelloos rondry, gewoonlik met die doel om iets onwettigs te beplan of te doen: Denzel is ’n wannabe gangster wat elke dag saam met die Sesse skarrel (B. Fredericks: Cape Flats, 2020, 95).