• 14/10/2022

skobbejak

(skob-be-jak) s.nw., skobbejakke.

1 Selde ook skurwejak. Skurk, of oneerbare, ongemanierde, niksbeduidende persoon: Hy is die wêreld se grootste Don Juan en sy onbeskofste skobbejak (A.P. Brink: Pot-pourri, 1962, 12). Julle … laat julle aan julle neuse rondlei deur ’n skobbejak (K. Myburgh: Branding, 1970, 38).

2 (histories) Krygsuitrusting wat bestaan uit ’n kledingstuk wat met harde, beskermende skubbe of soortgelyke voorwerpe bedek is om weerstand teen verskeie wapens te bied.

Deel op Sosiale Media