skoothond
(skoot-hond) s.nw., skoothonde; skoothondjie (dikw. i.d. vkw.).
1 Troetelhond wat klein genoeg is om op die skoot vasgehou te word en wat geredelik op ’n skoot lê; sin. skootbrak (dikw. geringskattend): ’n Goed-geteelde mopshond of pug is gewoonlik ’n stewige, vierkantige skoothond met ’n gebit wat enige ortodontis se droom is (Beeld, 2 Febr. 2008, E).
2 Iem. wat buitengewoon tegemoetkomend jeens ’n ander is of wat ’n ander se bevele sonder teëspraak uitvoer, dikw. om ’n bep. posisie te behou of guns te bekom; sin. skootbrak (neerhalend): As ek die dag weer trou en my vrou probeer my besit, los ek haar net so. Ek sal geen vrou se skoothond wees nie (H. de Villiers in Huisg., 2 Apr. 1981, 102).