skorro-skorro
(skor-ro-skor-ro) s.nw., skorro-skorro’s. (geselstaal) (‹Tswana, “ou motor”) Ou, gehawende, afgeleefde voertuig wat nie baie betroubaar is nie, veral ’n taxi wat i.d. townships gebruik word: Praat jy met die eienaar van ’n skorro-skorro, kom jy gou agter hy ry nie daarmee om ander motoriste te frustreer of ongelukke te veroorsaak nie. Hy wil ook nie regtig daardie boete van R850 hê omdat sy bande te glad is en die flikkerligte nie werk nie. Sulke ou karre staan dikwels in diens van ’n gemeenskap (Burg., 18 Jun. 2011, By, 8). Daar is in 2005 met ’n proses begin om … skorro-skorro’s … met Toyota Quantums te vervang (Beeld, 13 Jul. 2012, 4).