snap
ww., het gesnap.
Verstaan, begryp of insien: Ek het glad nie die grap gesnap nie en verstaan nie waaroor almal gelag het nie. ≈ Hy beskree my in ’n taal waar ek geen woord van snap nie (U. Krige in F.V. Lategan: Dekade, 1965, 47). Hy hoop adjudant Neser snap die betekenis van die fotoknipsel wat hy vir haar laat stuur het (C. Karsten: Abel Ontwaking, 2010,189). My les het ek nou nie so vinnig gesnap lat jy oppie oorlosie moes staan en kyk daarvoor nie … Maar wat ek eers gehad het, dié het ek gehou (P. Strauss: Kokerboom, 2006, 111).
■ Ook selfst.: Wat wesenlik … met my gebeur het, was die snap van één ding: dat ek nie die enigste van my soort of die enigste met my probleem is nie (A.P. Brink: Lobola, 1962, 70).