spek-en-boontjies
(spek-en-boon-tjies) s.nw. (verouderend)
Iemand wat net in naam teenwoordig is, maar wat nie ’n wesenlike bydrae lewer nie: Oom het … soggens vroeg … na die inrigting gegaan, soms met Marianna as spek-en-boontjies, en eiehandig ’n laan geplant van naby die woonhuis af tot by die meisiestehuis (M.E.R.: Gange, 1944, 189).
■ In ’n ou bron: Spriggs, ofskoon nou eerste minister, … was in die Parlement, in vergelyking met die afgetredene, ’n blote nonentiteit. Hy was daar op genade van albei partye — ’n tydelike spek-en-boontjies (J.W.: De Waal, 1928, 229).