spesmaas
(spes-maas) s.nw., spesmase. (geselstaal) (<presumasie, met voorvoeging van s)
Vermoede, gevoel of idee: ’n Groeiende, groot, sterk, vae spesmaas hê. ’n Spesmaas hê, kry. Ek het so ’n spesmaas dat hy haar gaan vra om te trou. Ek het ’n spesmaas dat ’n klomp mense my haat. Ek het ’n spesmaas hy sit agter die hele gemors. Ek het ’n spesmaas gehad dat hy die skurk was. ≈ Sy hou nie daarvan om ’n spesmaas te hê dat sy doelbewus uitgesluit word of dat iets vir haar weggesteek word nie (D. Bredenhann: Bloedwater, 2011, 39).