strawasie
(stra-wa-sie) s.nw., strawasies. (geselstaal; verouderend) Ook, geselstaal en verouderend, strawaas en selde ook, geselstaal en verouderd, strabasie, strapaas, strapasie en strapats. (‹Ndl. strapatsen)
Onenigheid of moeilikheid wat op ’n bakleiery of struweling kan uitloop; sin. obstrawasie (geselstaal; verouderend): ’n Strawasie deurmaak, oorkom, verduur. Strawasies maak, soek. ≈ Die trekkery het hulle tot op die rand van ’n strawasie gedryf. Dalk is dit al wat hulle nou nodig het; ’n vredemaker, die tussenkoms van ’n buitestander (E. Kotze: Soetloop, 2016, 302).