• 12/07/2024

stroop

s.nw. (tennis) Telling wat nul verteenwoordig, hetsy in ’n pot of stel: B. was met stroop 30 agter, maar vier briljant gespeelde potpunte het hom met 6—5 laat voorloop (Die Burger, 29 Jun. 1994, E). Met die telling op 3—3 het sy S. se afslaan die eerste keer gewen, drie breekpunte op haar volgende afslaan afgeweer en toe S. se afslaan weer gewen, dié keer met stroop, om dit stel elk te maak (Die Burger, 8 Jun. 1992, E).

Deel op Sosiale Media