swoel
b.nw., swoeler, swoelste.
1 (t.o.v. weergesteldheid) Broeiend warm en bedompig: ’n Swoel somersdag. Swoel onweerslug. Swoel, benoude nagte. Teen drie-uur se stryk besluit ek: “Te hel!”; drink ’n pil; spalk my oop op my bed, want die nag is swoel (H. Aucamp in Kol, Aug. 1968, 29). Die warm, droë wind herinner haar aan die “sirocco”, die swoel Afrika-wind wat soms deur Rome waai en humeure verfraiing (H. de Kock: Vergenoeg, 1986, 63).
2 Sinlik en enigsins wulps: Prinses C. van Monaco lyk nie soos ’n sprokiesprinses nie. Sy is te sensueel, te swoel, te, wel, sexy (M. v.d. Vyver in Kat, Des. 1991, 40).