tata
(ta-ta) s.nw., tatas; tatatjie. (geselstaal; verouderend; minder gebruiklik) Ook soms, geselstaal, tatie en tatta en soms, geselstaal en verouderend, tatab en tate. (as aanspreek- of eienaamvorm gew. met ’n hl. Tata)
PA — Man wat ’n kind of kinders het of ouer v.d. manlike geslag; ook, so ’n man of ouer as liefdevolle versorger of persoon wat so ’n funksie vervul: Sê Pa moet my ’n stukkie vleis ou. Ek is mos darem nog my tata se kind (P.J. Philander in Son op die Land, 1967, 53). Onse mama se kinders was haar die naaste aan die hart omdat ons tata nie goed vir ons gesôre het nie (E. Joubert: Nongena, 1978, 4). Dit het ’n gewoonte by daai vrou geworre om allerhanne stink stories oor my by Tata aan te dra (T. Deacon: Rooigrond, 1995, 50).
■ In ’n ou bron: Die water het mij ’n heel end mee getrek, / Toen Tata en Memme, mij eerst het ontdek (M.J. Brink: Klaas, 1910, 4).