triomf
(tri-omf) s.nw., triomfe.
1 a Noemenswaardige of besondere sukses, prestasie of oorwinning: ’n Triomf van die praktyk, die wil, die wetenskap. ’n Triomf van bekwaamheid, liefde. ’n Triomf behaal. ’n Triomf vir Afrikaans, gelykheid, nasionalisme, vrede. Die triomf van die goeie oor die slegte. ’n Akademiese, ekonomiese, emosionele, nasionale, persoonlike, politieke triomf. ’n Triomf vier.
b Gevoel van bevrediging, trots, vreugde, of dergelike, aangebring deur ’n triomf (TRIOMF 1 a) en die viering daarvan: Hy kon nie daarin slaag om die triomf uit sy stem te hou nie (M. du Toit: Nebo, 1973, 15). Ben sê niks, maar Reitz kry tog die indruk van ’n allergeringste trekkie van triomf om sy mondhoeke (I. Winterbach: Niggie, 2002, 149).
2 a Oorwinning deur mag, veral militêre mag, of op die slagveld.
b (histories) TRIOMFTOG.