van (jou) sluk af wees
Idiomatiese uitdrukking
Verbaas, oorbluf of stomgeslaan wees: Ek was sprakeloos … oor Lettie se … lofrede oor … die … huis … Ek was skoon van my sluk af (M. Postma in Sarie, 19 Febr.1964, 41). Org … het … vir Memel aangestaar … Hy (Memel) het gemerk, dat sy vriend taamlik van sluk af is (J.H. Kruger: Dawid, 1932, 22).