Woord van die week: aikôna

aikôna tussenwerpsel. Ook haikôna.
Uitroep van sterk ontkenning, weiering of intwyfeltrekking, d.w.s. "nee, glad nie".
Vervorm uit Nguni hayikhona, 'n sterk ontkenning met die bet. "glad (hoegenaamd) nie", 'n samestelling van hayi "nee" en khona "teenwoordig", dus met die letterlike betekenis "nie hier of nou nie".


Uit Etimologiewoordeboek van Afrikaans, 'n produk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal


< Terug na die Tuisblad  ::  Terug na bo