Woord van die week: podzol

Uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal:

podzol s.nw. Ook podsol. (<Rus. pod, "onder" en zola, "as") Onvrugbare, sanderige grondsoort wat in koel, vogtige klimaatstreke gevorm word, dikw. in bos- en heidestreke of in keëldraende of gemengde woude, waaruit mineraalsoute a.g.v. die hoë reënval uitgeloog is en waarvan die bogrond uit uitgeloogde klei onder 'n laag organiese materiaal bestaan; sin. podsolgrond, podzolgrond.

< Terug na die Tuisblad  ::  Terug na bo