• 03/12/2020

bismillah

(ook met ’n hl. Bismillah) (bis-mil-lah) tw. (i.d. taal v.d. Moesliems) (Arab. bismi llāh) 

In die naam van Allah: Hoor daar, het ek vir Pierre gesê. Hy het ‘bismillah’ gesê. Dit beteken hulle is Soenni, nie Shi’iete nie. Vir Shi’iete is dit nie verpligtend om in die Naam van God te sê alvorens hulle met die voorgeskrewe reinigingswas voor gebede begin het nie (M. Maartens, vert.: 558 Dae, 2016, E). Miskien kon jy Bismillah sê / Vanmôre, omdat in die kas / Wat dae lank so leeg moet bly, / Daar weer ’n broodjie was?  (I.D. du Plessis in D.J. Opperman: Groot Verseboek, 1990, 124).

Deel op Sosiale Media