• 24/12/2020

bollewange

(bol-le-wan-ge) b.nw. 

Kwaad of ontsteld: My vrou is al heeljaar vol moods … Smiddae wanneer ek uit die werk kom, dan is sy al lelik … Jy moet die issue met jou vrou bespreek, maak nie saak hoe bollewange sy raak nie (Son, 2 Sept. 2020, E). Voorkop verskrummel, / dit verander in ’n frons. / Ogies kyk stip in ’n rigting in en nattigheid / vul dit van binne. / Eers een druppel, dan sal dit later spuit! / … Haar lippe styf teen mekaar, / dit maak ’n halfmaan / met mondhoeke wat afslaan. / Eers saggies, dan harder, dan whaa!, / … Wie’s bollewange? (Hemelbesem: Afrikaans, 2017, 171).

Deel op Sosiale Media