• 17/11/2020

Dawie Roodt is Borg ’n Woord se nuwe beskermheer

Dawie Roodt is Borg ’n Woord se nuwe beskermheer en hy doen die volgende beroep op alle Afrikaanssprekendes:

Belê in ’n wenner. Belê in Afrikaans deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal te ondersteun. My gunstelingwoord is verruklik. Wat is joune? Maak dit jou eiendom en borg dit nou want die Borg ’n Woord-projek verdien jou ondersteuning.

Gee gehoor aan sy oproep en ondersteun die WAT se Borg ’n Woord-projek: 80% van die WAT se fondse kom van donasies en die Borg ’n Woord-projek. So werk jy mee aan die weerspieëling van die Afrikaanse taal in sy wydste omvang in die WAT.

Dawie Roodt het met Monitor op RSG oor die Borg ’n Woord-projek en sy eie gunstelingwoorde gesels. Klik hier om na die klankgreep op YouTube te luister.

Laai die brosjure af.

Deel op Sosiale Media