• 27/12/2024

die son trek water

idiomatiese uitdr.

1 Dit word laat of die son gaan onder: Die son het water getrek en ondergegaan (J.J. Krüger: Danster, 1939, 14). Wil jy hê ek moet hier bly tot jy klaar is? Die son trek al water. Dis netnou donker (K. Brynard: Plaasmoord, 2009, 102).
2 Dit is baie warm. (Opgeteken in Cradock, Fort Beaufort en i.d. omgewing van Touwsrivier).

Deel op Sosiale Media