• 17/11/2020

Die WAT bedank Laurika Rauch

Laurika Rauch het uit haar pad gegaan om die WAT en Afrikaans te bemark tydens haar termyn as die Borg ’n Woord-projek se beskermvrou. Baie dankie!

As afsluiting van haar termyn het sy ’n kompetisie aangebied waar ’n ondersteuner R5 000-kontantprys plus een genommerde, getekende “Laurika Rauch 40 Jaar-versamelstel kon wen. Die wenner was Lanie Koelman wat die woord duimpie geborg het. Laurika het ter ondersteuning van die projek vir haarself ook die woord luisterlied eksklusief gekoop.

Deel op Sosiale Media