• 18/06/2021

dopsteker

s.nw., dopstekers.

Iemand wat gereeld sterk drank gebruik.
Samestellende afleiding wat moontlik gevorm is uit die uitdr. ’n dop steek, met dop as die drankhouer vir sopies drank en steek waarskynlik die vinnige beweging, wat aan ’n steekbeweging mag herinner, waarmee sopies drank soms weggeslaan word of as ’t ware in die lyf of mond gesteek word. Andersins hou steek verband met die Vlaamse uitdrukking eene pinte stekken “’n pint bier drink, so genoem na aanleiding van die vate bier wat oopgesteek moes word om daaruit te tap.

Deel op Sosiale Media