• 06/08/2020

drakonies

b.nw., drakoniese.          

Onregmatig of wreedaardig streng: Drakoniese wette, bepalings, maatreëls.

Uit Nederlands draconisch (1863). Nederlands draconisch is ’n afleiding van die Griekse persoonsnaam Dracon, die wrede Atheense wetgewer van omstreeks 621 v.C. wat van die geringste oortreding ’n halsmisdaad gemaak het. Sy naam beteken waarskynlik “skerpsiende”.
Drakonies kan teruggevoer word na Latyn draco “slang” en die Grieks vir slang drakon wat afgelei is van derkestai “duidelik sien”.

Deel op Sosiale Media