• 21/02/2020

flussies, insgelyks

flussies bw. Selde ook flus.

Kort gelede; so ewe; nou net: En toe Mina die bybeltjie toeslaan, het om die warm vuurkan maar weer dieselfde lied van flussies opgeklink (Jochem van Bruggen).  Flussies was dit ’n ander storie by hom (J.H. Malan). Sy vrolikheid van flussies is heeltemal weg (J.J. Hattingh). Hy is nou vrymoediger; sy senuweeagtige vlaag van flussies is verby (Mikro).

insgelyks bw.

Op gelyke wyse, net so, ook so: Die bereidwilligheid om insgelyks te doen (Die Burger). Hulle moes hulle eie paadjie oopkap en sy moet maar insgelyks doen (Mikro).

▪ Dikw. gebruik as antwoord met die betekenis “ek wens jou dieselfde toe”: “Smaaklike ete!” “Insgelyks!” “Geseënde Kersfees!” “Insgelyks!”

Deel op Sosiale Media