gladdejan

s.nw., gladdejanne. (minder gebruiklik)

1 Ook gladdejantjie. SMOOTHIE: Die sapkroeg verkoop onder meer gesonde vrugtesappe, gladdejanne en sop (Beeld, 16 Jul. 2009, E).
2 (soms enigsins neerhalend) Straatslim, uitgeslape of gesofistikeerde stadsmens: Geborepolitikus, wil ’n mens dink. Laventelhaan. Gladdejan. Maar daar steek meer in M. as bloot ’n flambojante klerekas en ’n slag met mense (Beeld, 24 Aug. 2013, E). Aan ons tafel is twee Engelse gladdejanne met hul hare teen presies dieselfde helling gejel (Beeld, 22 Nov. 2008, E).

Share

Close Menu
×